Ons Ouma Rooi leef voort in haar kinders en kleinkinders. Daar is twee dinge wat haar familie by haar geërf het - haar hart vol liefde en omgee, en natuurlik haar wenner koeksisterresep. Vir haar familie gaan koeksisters oor meer as 'n besigheid. Dit is 'n viering van hul ouma se lewe, maar ook meer. Ouma Rooi Koeksisters vertel met min woorde wat dit beteken om 'n Suid-Afrikaner te wees. Ons is mense wat mekaar met die hand groet, Rooibostee drink na kerk en vir grootmense opstaan.